Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Rugby se Christene is onkant  (Read 1375 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Pmdb
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 6725


« on: April 08, 2008, 08:20:23 AM »

Waarom eet ons as sportjoernaliste soveel twak vir soetkoek op?
So byvoorbeeld lees ek die afgelope naweek twee onderhoude met spelers van die Blou Bulle op n Sondagkoerant se webwerf.
In die een praat Superman (dis nou Pierre Spies) oor sy terugkeer tot rugby: Ek was maar vol senuwees gedurende die week en was baie op my knie om die krag van die Here te vra. En toe die groot oomblik aanbreek, was ek kalm en gefokus, want Hy was daar om te help.
Dan was daar Bakkies Botha: Wie bepaal in elk geval jou pad in die lewe? Dit is die Here wat weet waarheen jy op pad is en daardie roete bepaal. Ek laat my lei deur hom, nie kontrakte nie.
Luidens berigte het Botha, wat onder kontrakte by die Blou Bulle is, n kontrak met die Franse klub Toulon gesluit. Indien dit die geval is, soos deur Toulon beweer word, is Botha skuldig aan onetiese optrede. Die vraag word egter nie beantwoord nie.
Die gebruik van geloofsoortuigings deur Spies en Botha in hulle skakelings met die media is n ou tendens.
Spies het verlede jaar se Wreldbeker-rugbytoernooi weens bloedklonte in sy longe gemis. Hy het medikasie geneem en die probleem is uit die weg geruim. Dis mediese wetenskap en geen wonderwerk nie.
Ek het byvoorbeeld hoofpyn gehad voor ek hierdie rubriek geskryf het. Dit gebeur elke maand of ses, en daar is n pakkie disprins in my kas wat voorsiening daarvoor maak. Weereens geen wonderwerk nie.
Sportmense die wreld oor dank soms die Here in hulle oomblik van glorie. Daar is niks fout daarmee nie, hoewel jy selde iemand hoor dankie s n n nederlaag.
Die probleem wat ek egter het met geloof in sport is dat dit vir my lyk of dit soms aangewend word vir die mitiese figuur (bv. Superman) om n leuen te lewe.
Dink byvoorbeeld terug aan verlede jaar se Super14-eindstryd, met Jaco van der Westhuyzen en sy Jesus is King hempie.
Die oorwegende rede vir die twee Suid-Afrikaanse spanne in die eindstryd was die weglating van Nieu-Seeland se top spelers uit die eerste helfte van die kompetisie. Nieu-Seeland se swak besluit het die saadjie vir Suid-Afrika se oorwinning later daardie jaar in die WB-toernooi geplant.
Glo my, as die een wat die meeste bid die WB-toernooi gewen het, sou dit waarskynlik die Kiwis wees. Die eilandbewoners in daardie deel van die wreld, veral die Maoris, gee in my ervaring meer uiting aan hul Christenskap as ons Suid-Afrikaners.
Anders as Bakkies Botha, of ten minste die Bakkies Botha wat in die artikel voorgehou word, laat ek my ook wel deur kontrakte lei. Ek kan nie onthou waar nie, maar ek het een keer in Die Bybel gelees my ja is my ja, en my nee is my nee. Dis n eenvoudige beginsel wat ek sedertdien in my lewe toepas.
Natuurlik struikel ek ook. Daarom sal ek dit beslis nie teen Botha hou indien hy wel n kontrak in Frankryk beding het terwyl hy n ander een gehad het nie. Almal maak foute. Ek sal hom steeds groet, sy hand skud en lekker gesels. Ek hou van hom as mens en rugbyspeler. Dit sal aanhou om die geval te wees selfs indien hy vir Toulon gaan speel.
Die Christene waarvoor ek die meeste respek het is beslis nie foutlose mense nie. Dis juis mense wat nou en dan struikel, en weer opstaan, wat my werklik inspireer. Ng meer so as hulle aanspreeklikheid neem en om verskoning kan vra.
Christene wat leuens lewe, maak my egter die duiwel in.


07 Apr 2008 12:56nm
Stephen Nell
Logged

Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I am not sure about the universe. - Albert Einstein
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: April 08, 2008, 08:25:03 AM »

Daai span bid die meeste (publiek) maar hul optrede op die veld laat veel te wense oor. Hulle doen meer skade as goed. Angry
« Last Edit: April 08, 2008, 11:25:40 AM by Trailrider » Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Eisbein
Forum Moegoe
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2802



« Reply #2 on: April 08, 2008, 09:20:30 AM »

Ek is obviously nie teen publieke uiting gee aan jou geloof nie, maar soos die artikel s - as jy die stelling maak met so 'n groot gehoor soos 'n rugby speler, dan is a) baie o op jou en b) verteenwoordig jy iets Groter as jyself (so to speak) - so jy moet dm seker maak jy tree op as die ambasadeur wat jy belei jy is...

Logged

A mind full of questions and a Teacher in my soul.
And so it goes.
                                                          ----Eddie Vedder
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: