Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Kruger Wildtuin : Gewilde Kampplekke  (Read 3352 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Natuurkind
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 5366



WWW
« on: January 26, 2011, 02:23:52 PM »

Berg en Dal

12km vanaf Malelane hek. Dit word as 1 van die beste kampe vir gesinne beskou. Daar is 'n lieflike swembad, vulstasie, waskamers, winkel, restaurant, wegneemetes en self 'n internet kaffee. Die Matjuludam le reg voor ontvangs en jy kan langs die grensdraad op die Rhino staproete gaan bene rek. Hier is 70 staanplekke met volop skaduwee en 3 groot ablusie blokke met waskamers langsaan. Daar is ook 62 huthuise (R745 vir 2) en 2 gastehuise (R2 590 vir 4)

 Die Malelane satelietkamp is so 3km hiervandaan met 15 staanplekke (R165 vir 2) en 5 huthuise (R730 vir2)

Ek persoonlik hou niks van die kamp nie, want jy sien die huise oorkant die rivier asook die suikermeul met sy eentonige geraas.

Krokodilbrug

Dit is 'n klein ruskampie  in die suidoostelike hoek en 15km vanaf Komatipoort. Gedurende die somermaande soos nou, is die brug onder water en moet jy Malelane hek gebruik. Hier is 'n klein winkel en curio shop, ongelukkig geen swembad nie. Hier is wegneemetes beskikbaar.

Die bekende S28 is slegs 2km hiervandaan. Vir die wat nie weet nie.....die S28 is die pad waar jy die meeste leeus en luiperds te siene sal kry. Die katte vrek oor hierdie omgewing en dis ook hier waar Duke gereeld gesien word.  Die Seekoeipoel is ook hier naby en een van die min plekke in Kruger waar jy mag uitklim en tot by die rivier mag stap. Daniel Mabasa is die gids wat jy hier sal vind en hy doen dit al vir die afgelope 19 jaar. Hy is maar altyd daar by die rivier rond met sy geweer en kan vir jou interessante stories vertel.

Hier is 15 staanplekke, koelte bome, maar geen grasperke nie. So bring maar die grondseil saam as jy nie van sand hou nie.  Daar is 8 safari tente op gras onder lekker groot skadubome en by die ablusie blok en dan is daar ook 20 hutte.
Logged

Life is short! Break the rules!
Forgive quickly! Kiss slowly!
Love truly, laugh uncontrollably
And never regret anything
That made you smile!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: