Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Kruger Wildtuin : Onder Sabie - nog 'n kampplek  (Read 1829 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Natuurkind
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 5366



WWW
« on: January 26, 2011, 02:40:05 PM »

Hierdie kampplek is Kruger se gewildste en ook 1 van my favourites. Mens moet omtrent 'n jaar vooruit bespreek om hier plek te kry. Nodeloos om te se.....ons het nog nooit hier gebly nie. Wel baie besoek afgele hier, want daar is niks so lekker as om op die groot houtdek te sit en 'n yskoue bier of glas wyn te geniet terwyl jy oor die water staar nie. Nie eers te praat van die heerlike buffet etes en ontbyte wat hier aangebied word vir R110 per persoon nie.

Die groot curio shop en supermark het iets vir almal se smaak. Daar is te veel mooi goed, so sorg dat jou wallet dik is of hou die vrou en kinders hier weg!  Big Grin

Net buite Sabie is Sunset Dam. Een van die beste plekke vir foto's neem want jy kan baie naby aan die water kom en die sonsondergang hier is asemrowend mooi. Nkuhlu piekniekarea is so 24km noord van Onder Sabie en daar is niks so lekker as om vroegoggend daar jou eiers te gaan bak nie. Jy kan ook hier by die winkeltjie vir jou 'n skottel huur as jy nie jou eie saamgebring het nie.

Staanplekke kos R165 vir 2, hutte vir 2 kos R350 en het 'n gemeenskaplike ablusieblok, safaritente kos R635 vir 2, huthuis = R735 vir 2 en die gastehuis is R2 590 vir 4.

'n Wassery, swembad, vulstasie, supermark, restaurant is beskikbaar.
Logged

Life is short! Break the rules!
Forgive quickly! Kiss slowly!
Love truly, laugh uncontrollably
And never regret anything
That made you smile!
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #1 on: January 26, 2011, 02:50:47 PM »

daar is niks so lekker as om vroegoggend daar jou eiers te gaan bak nie.

Maak net seker iemand hou kywie. Dis gevaarlik om in te sluimer terwyl jy so op jou rug le! LMGA LMGA LMGA LMGA LMGA LMGA LMGA LMGA Ha Ha
Logged
Prins
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 3321



« Reply #2 on: January 26, 2011, 04:32:29 PM »

 LOL LOL
Logged

RTFM!!!
Natuurkind
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 5366



WWW
« Reply #3 on: January 26, 2011, 04:42:40 PM »

Ja nee, ek moet seker so iets verwag het van Umdani!  Evil
Logged

Life is short! Break the rules!
Forgive quickly! Kiss slowly!
Love truly, laugh uncontrollably
And never regret anything
That made you smile!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: