Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Kruger Wildtuin : Pretoriuskop  (Read 1145 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Natuurkind
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 5366



WWW
« on: January 26, 2011, 02:50:53 PM »

Hierdie is die oudste kamp in die Kruger Wildtuin en het in 1928 sy eerste besoekers ontvang. Dit is ook hier wat jy die beste swembad in Kruger sal vind tussen die plat granietrotse. Nog iets wat die kamp anders maak is die mak rooibokke en vlakvarke wat tussen die hutte rondloop.

Hier is die kampplekke beknop en opmekaar en kleiner as die van die ander kampe. Dit kos ook R165 vir 2, die huthuise is R795 vir 2, daar is ook goedkoper hutte teen R355 vir 2 met gemeenskaplike ablusie, gesinshuise met slaapplek vir 4 vir R1 400 en luukse gastehuise vir R2 590 vir 4.

Die bekende Battle of Kruger is so 30km hiervandaan by die Transportdam verfilm. Die bekende Afsaal piekniekarea is ook naby Pretoriuskop en hier is ook 'n groot winkel en 'n skottelbraai vir ontbyt kan ook hier gehuur word.
Logged

Life is short! Break the rules!
Forgive quickly! Kiss slowly!
Love truly, laugh uncontrollably
And never regret anything
That made you smile!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: