Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Kruger Wildtuin : Skukuza  (Read 1176 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Natuurkind
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 5366



WWW
« on: January 26, 2011, 03:03:58 PM »

Jammer om te se, maar nie een van my favourite kampe nie. Ja, dis baie mooi en netjies, boomryk, groen grasperke ens ens maar daarmee saam kom ook duisende besoekers en busse stroom die plek binne. Want hier is : 'n bank, 'n poskantoor, biblioteek, konferensiegeriewe, restaurante, internetkafee, inkopiesentrum, personeeldorpie 'n motorwassery en dokters. Maw die res van Kruger stroom soontoe om sake te doen.
Die enigste tyd wanneer ons soontoe gaan is as ons die kwekery gaan besoek met al sy inheemse plante wat te koop aangebied word. Dit het egter die laaste tyd agteruit gegaan en die pryse is nie meer so goed soos wat dit was nie. Dis 'n jammerte.
Lake Panic, een van  die beste skuilings in die Kruger, is net 20min van Skukuza af op die H11. Wees op die uitkyk vir spoedlokvalle hier.
Hier is ook 'n boshokkie baan net buite die kamp en die diere het toegang tot die baan. Goed soos bloubalapies, vlakvarke, seekoeie, olifante, leeus en Fourie word gereeld hier gesien.

Hier is staanplekke, hutte, gesinshutte,  en luukse rivierhutte beskikbare. Pryse is dieselfde as by die ander kampe.

Dan is daar ook ander kampe soos Letaba, Olifants, Balulu, Orpen, Maroela, Tamboti, Satara ens. Ek ken hulle nie, want ons spandeer gewoonlik net tyd in die meer suidelike Kruger. Dis ook hier waar die kanse die beste is om die katte te siene te kry.  Sal graag eendag die sentraal en Noord Kruger ook wil explore.  Miskien later wanneer Umdani nou besluit om Mplanka toe te trek.  Head Bang
Logged

Life is short! Break the rules!
Forgive quickly! Kiss slowly!
Love truly, laugh uncontrollably
And never regret anything
That made you smile!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: