Koop die canvas vir daai eenmaal 'n jaar lankstaan kamp of as jy die slegte weer van die Kaap wil aanvat. Dit is wel moeite met opslaan, maar sal veral vir die een wat gewoond moet raak aan die tent lewe bietjie meer stabiel voel. Gebruik egter die kleingeld om lekker ligte nylon domes te koop. Sommer 'n paar. Sedert ons kinders uit die huis uit is en die wat nog soms hier is se sportaktiwiteite inmeng met kampsake is daar min vinnige naweek wegbreke hier. As jy egter net die canvas het maak dit dit net te maklik om verskonings uit te dink waarom jy nie vinnig vir 'n naweek berge/dam/see/rivier toe of sommer net weg kan gaan nie.
Probeer om die "goeters" te beperk. Die oomblik waneer daar goed soos mikrogolfoonde, toasters, ketels, allerhande opslaanbeddens, sitgereedskap en van daai handgedrewe wasmasjiene bykom raak dit 'n probleem. As jy natuurlik die nuutste 4x4 (versigtig op die teerpad) ry en jy het allerhande fancy toerusting wat nie soos die klokkespel oor kersfees in Holland klink waneer jy intrek nie, is jou tienerkinders baie meer gewillig om te help afpak. As jy natuurlik by 'n kampplek kamp waar jy net van die teer afry eers as jy die gras van jou staanplek betree kom die "klokkespel ding" net in sulke kort sarsies voor elke keer as jy oor die spoedwal ry.
Ek is nou sommer jaloers. Hier in my garage le twee baie lekker canvas tente en seker so 4 nylon domes. Daar is net nie meer tyd nie.
Of is dit miskien die wil wat getaan het?