Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: mosambiek 2011 nr 5  (Read 3738 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: May 14, 2011, 02:30:24 PM »

Ons eerste duik word beplan om op  paradise rif te duik. Dit is so min of meer 16 meter diep en Petrus is erg op sy senuwees. Hy het n week en half van te vore sy kursus gedoen en voel nie lekker gemaklik nie. Gelukkig s Carlien sy sal na Petrus omsien en Lorenco sal die duik lei. Vir beter kon ons nie gevra het nie, veral nie vir Petrus wat so spesiale aandag onder water sal kry nie. Dankie Carlien.
So paar km met die boot van die oord af en seker so 1 km van die kant af.

Uiteindelik kan ons in die warm water val en dit is n negatiewe duik soos dit genoem word. dit beteken jy blaas jou BC ( buoyancy compensator (baadjie) ) heel af en wanneer jy in die water val gaan jy dadelik af onder toe. Petrus s hy is nie gemaklik daarmee nie, ken dit ook nie en sukkel nog met sy ore. Hy en Carlien het besluit om eers bo op die water te dryf en dan stadig te sak dat Petrus die ore se uitblaas kan bemeester. Hy het dit toe ook op die eerste duik goed bemeester dat hy nie later weer daarmee gesukkel het nie.

Toe ek onder kom wil ek net fotos neem. Hier is n paar fotos van die goed wat ek daar onder gesien het.






Hier is Carlien langs my



En toe stamp sy aan my en beduie dat ek n foto van haar en Pierre moet neem. O ja ek het vergeet om te vertel, toe sy ons die vorige dag van die duik riwwe vertel kyk sy vir Pierre so en vra hoekom lyk hy so bekend. Toe sal dit uitkom dat sy he teen van haar kursusse by Pierre gedoen en hulle weet van mekaar.

Sy wys my toe n papier en wil h ek moet haar en Pierre daarmee saam afneem.

Daardie dag was Pierre se 50 ste verjaardag en syt n geluk s boodskap gemaak en lamineer.




Mooi goed te sien daar onder.







Seeskilpad



Petrus lyk heel gemaklik in sy rugbytrui.



Honeycomb Mory eel



En nog n klomp mooi goed onder die water.








Stonefish, gevaarlik soos skerpioen, gekamoefleer soos die klippe, l doodstil en as jy in hom trap of jou hond op hom druk het jy probleme, hyt n pen of meer op sy rug en spuit gif daaruit wanneer jy op hom trap of druk.

Kyk mooi dan sal jy hom sien





En n vis wat onderste bo swem




Rubberlip



Pierre




Lorenco die divemaster



Deel 6 vervolg op land
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: