Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: mosambiek 2011 deel 9a  (Read 2408 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: May 15, 2011, 07:56:51 PM »

Ons het op Skinners geduik. Lorenco het vertel van die rif, blykbaar so paar jaar gelede deur Bobby Skinstead se broer ontdek toe  hy vis gaan skiet het en is toe na hom vernoem met die naam Skinners.





Hier is ook baie vissies op hierdie rif











en so lyk hy van naby



Lyk of Petrus hardloop onder water




Carlien neem fotos en video.



weet nie wat se byskrifte ek moet bysit nie, weet net dis vrek mooi en lekker gewees.










ek weet ook nie wat ek moet wys en wat ek moet los nie

Die paar fotos volg op mekaar van dieselfde plek uit verskillende hoeke soos ek om dit geswem het.











Nemo hulle was ook daar.




en pas hulle nes op







Veiligheidstop



Carlien wys ek moet dieper hang en nie te vlak nie.








En daar is die duik verby na 47 minute.

gaan weer terug na vakansies deel 9 vir die res van die dag se fotos
« Last Edit: May 15, 2011, 07:59:33 PM by lox » Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #1 on: May 18, 2011, 09:43:17 AM »

Is daai tou om te sien hoe diep jy gaan?
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #2 on: May 19, 2011, 09:57:41 AM »

Is daai tou om te sien hoe diep jy gaan?

nee, ons het diepte meters wat wys hoe diep jy op 'n gegewe oomblik is en dan het ons ook druk meters wat wys hoeveel lug nog oor is in die silinder.
Jy kry verskillende soorte en grootte silinders.

Daar is staal en aluminium silinders
elkeen het sy voor en nadeel
Staal silinders res wanneer daar vog inkom, daarom moet die kompressor de 2 lugfilters gereeld skoongemaak word en water vanger gereeld skoongemaak word. Daar mag geen vog in die lug, gewone skoon lug waarmee ons duik, mengsels is weer vir iets anders. Ek is net vir lug duik opgelei.
Die aluminium silinder roes nie maar hulle nadeel is weer die nek kraak maklik en moet elke jaar met inspeksie ge - x straal word. Ek het al 1 aluminium silinder verloor agv nek wat gekraak het. 

Jy kry bv 6 liter, 10 liter, 10,4 liter, 12 liter, 15 liter, 18 liter silinders.
Die silinders se spesifikasies is ook verskillend wat hulle gepomp kan word, ons werk met silinders wat 200 en sommige 230 bar gepomp word en so hier en daar is daar silinders wat 300 bar kan vat. Elke 4 jaar moet die silinder gaan vir hidro toets, dan maak hulle hom vol water en pomp hom 1 en 1/3 van sy werk druk en die datum wat hy die toets geslaag het sal met op die bo kant van die silinder uitgekap word. Niemand wat korrekte kompressor opleiding geslaag het sal 'n silinder volmaak wat se hidro datum ouer as 4 jaar is en inspeksie datum ouer as een jaar.

Daar word 4 stadium kompressors gebruik om die lug te vul en die goed kos baie geld, ek dinkso van 80 000 vir 'n kleintjie tot seker 250 000 vir een wat groot volume lug en 300 bar kan lewer. ek praat onder korreksie ek is nie seker nie, dis maar getalle wat ek so in die tyd gehoor het.

Die hoeveelheid liters lug wat 'n silinder in het is die volume X druk.

'n 10 liter silinder wat 230 bar gepomp is sal 2300 lug in h. 'n 15 liter teen 230 bar sal 3450 liter lug in h. Die druk wys jou min of meer hoeveel duik tyd jy nog oor het, maar dan moet jy jou self ken van hoeveel lug gebruik ek teen watter diepte.

Hoe dieper jy gaan hoe meer lug gebruik jy, hoe kouer dit is hoe meer lug en hoe meer jy teen strome swem hoe meer lug gebruik jy.
As jy op die oppervlakte 1 liter lug inasem met 1 asem teug gaan jy op 10 meter 2 liter gebruik en op 20 meter 3 liter en op 30 meter 4 liter om jou longe vol te maak vir 1 liter kapasiteit.

jy kan nou ook nie 'n 18 liter silinder neem en dink jy gaan 2 ure op 20 meter onder water bly nie, wat daar is so iets soos totale stikstof opname ook. Hoe dieper hoe meer stikstof opneem.
Dis ook die rede hoekom ons probeer so gou as kan op die diepste punt van die duik te kom en dan (as die rif dit toelaat) na die vlakker deel te swem om sodoende weer stadig van die stikstof ontslae te raak. Daarom beplan jy jou duike vooraf en as jy meer as 1 keer op 'n dag wil duik sal jy die diepste duik eerste doen en dan die vlakker duik/e

Ons het tabelle waarop ons beplan hoe diep en hoe lank. As jy grafiek van die tabelle teken is dit nie lyn reg grafiek nie maar parabool, dus hoe dieper hoe minder tyd in vergelyking. Tot op 12 meter is die maksimum tyd 130 minute as  dit jou eerste duik van die dag is. Die tabel is opgestel vir elke 3 meter en as jy net vinnig 'n draai p die volgende diepte gemaak het werk jy jou somme uit asof jy heeltyd op die dieper diepte was sodat jy nie oor jou maksimum tyd, of te wel stikstof opname gaan nie.

ek weet jy het net van die tou gevra....kom nog daarby.

Op 15 meter is die max tyd 80 minute, 18 m = 55 min, 21 meter = 45, 24 meter 35 minute, 27 meter 25 minute, 30 meter 22 minute, 33 meter = 15 minute, 36 meter = 12 minute en 39 meter = 8 minute.

Baie mense dink diep duik is die ultimate, vir my en baie ander duikers is vlak duik, so 12 na 18 meter die ultimate, kan langer onder bly, daar is meer sonlig as dieper en meer plantegroei op die rotse 9 veral in ons vuil kaapse water waar ons bly is oor sig van 5 meter)
Ek wil nie 300 km heen en weer ry en 30 meter duik en net 10 minute onder bly en dan moet opkom want my lug is op nie. dan liewer 15 meter duik en so 40 na 45 minute (met 12 liter, 230 bar)onder bly en dit langer geniet.
Die ander ding is ook 30 meter is vrek diep en hoe dieper hoe meer water is bo jou kop voor jy bo kan kom indien daar fout gaan. staan langs 'n gebou van 30 meter hoog, dis seker 10 na 11 verdiepings en kyk hoe hoog ( diep) is dit. Selfs 'n paal van 15 meter staan nogal hoog bo die grond uit.

Dan weer as jy jou 2 de duik op een dag doen bv 1 ste duik 20 meter, en jy was 43 minute onder water en daar verloop 1uur en 10 minute voor jou volgende duik wat 15 meter is kan jy nie 80 minute onder bly soos die tabel wys nie maar net 24 minute agv die klomp stikstof wat nog in jou lyf is. as jy egter  2 uur 30 minute wag kan jy 42 duik op 15 meter. Die tabel wys vir hoe lank jy uit is en dan hoe lank kan jy op 'n gegewe diepte duik. as jy bg voorbeeld volg en 2 en half uur uit is voor jy jou 2 de duik op 15 meter doen mag jy nie dieper as 30 meter duik en jou maksimum tyd is dan op 30 meter net 4 minute.

Ek het 'n duik rekenaar wat ek aan my arm sit en hy gee vir my die diepte en tyd onder water, ek het al 'n seiko ( 18 meter)  en omega ( 24) duik horlosie laat lek  en dit nadat ek dit spesifiek laat nagaan het en druk toets laat doen het. Toe kry ek 'n 2 de handse rekenaar wat meer inligting gee as net die horlosie en tabelle. Hy werk ook jou stikstof opname uit soso jy duik op verskillende dieptes en nie net op maksimum diepte nie, dus kan jy langer onder bly. soos ons 32 meter duik in mosambiek sou die maksimum van die duik 15 minute wees maar ons was 6 minute lank op 32 meter en toe opgeswem tot 1 meter en gehoop die haaie kom daarheen en toe later op geswem tot 12 meter en tyd lank daar gewag en gehoop vir haaie en toe weer tot op 5 meter en daar nog 'n tyd gewag. So het ons die duik tot 39 minute gerek en was nog veilig in die stikstof beperking.
Die rekenaar wys ook en maak biep biep biep as jy te vinnig opgaan, wat gou kan gebeur, en wanneer jy klaar geduik is gee hy vir jou op enige bepaalde tyd in die volgende 24 ure hoe lank kan jy op watter diepte duik, sonder om die tabelle te raadpleeg.

Na 24 uur uit die water begin jy weer as nuwe duiker sonder stikstof in jou lyf. dan kan jy weer op die eerste duik van die dag tabelle werk. Die rekenaar wys jou ook hoe lank moet jy nog wag voor jy kan vlieg. Om kort na jy geduik het oor 'n ho berg te ry tel ook as vlieg, ek dink meer as 800 meter hoog. Die lug is dunner en die stikstof wat nog oor is in jou lyf word dan vinnig vrygestel ( selfde soos wat jy van diep na vlak swem) en vorm borrels en kan jou borrelsiekte gee.
As jy geduik het en kort daarna strawwe oefening doen kan dieselfde gebeur want dan vloei jou bloed vinniger en lug of gas uitruiling tussen selle en en bloed vind vinniger plaas en die stikstof molekules wat groter as suurstof molekules is kom te vinnig uit die selle en kan dan ook in die litte vassteek en borrelsiekte gee.

Wanneer jy duik maak die stikstof jou kop effe dof al kom jy dit nie agter nie. Op 20 meter is dit so min of meer asof jy 2 martinies gedrink het. Ek het dit nog nie gedoen nie maar Zelda het verlede jaar vertel van as hulle 'n skryfbordjie en potlood saam neem en vir een vra om bo 'n huis te teken, en dan op 20 meter weer te teken en dan weer op 20 meter na 30 minute die huis te teken sal jy sien wanneer jy weer bo is hoe krom en skeef raak die 3 de en 4 de huis daar onder, van half gesyp wees agv die stikstof. Dis die dat ek so vaak en lomerig is na duik, dit tas nie almal so erg aan nie. Gelukkig weet ek dit en let op daarvoor.

O ja jyt eintlik van die tou gevra.

Aan die bo punt is 'n oranje boei dat die man op die boot kan sien waar die duikers is en as jy dalk onder water verdwaal ( soos in ons vuil kaapse water wat dit maklik gebeur) dan gaan jy op en soek die boei en swem daarheen en sak weer al met die tou af en dan is jy weer by die groep.

Sommige divemasters maak 'n merk op 5 meter op die tou dan weet hulle makliker hoe diep om stil te hang vir die veiligheid stop op 5 meter na 'n lang duik.

so lang antwoord vir so kort vraag maar ek dink dit het sommer baie ander vrae ook geantwoord wat dalk gevra sou word.


Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #3 on: May 19, 2011, 07:12:52 PM »

 Good Post!
Logged

All things are difficult before they are easy
Rooibok
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 9816



« Reply #4 on: May 23, 2011, 06:55:53 AM »

Cool
Logged

Ek gee oor. WP is die Beste!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: