Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: mosambiek 2011 deel 10  (Read 1464 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: May 15, 2011, 09:35:31 PM »

So breek Saterdag 30 April aan en ons besef die vakansie is reeds oor die helfte al. Ons sal die beste maak van wat oorbly.
Vandag gaan ons 2 duike doen saam met 2 gaste by die oord, n man en sy seun en dan ek, Pierre en Petrus en ook Lorenco en Carlien.

Die Trekker drywer geniet sy werk



Ons eerste duik is op Skinners want die gaste wil daarheen gaan. Ons gee nie om nie, want ons wil net duik, maak nie saak waar nie. Op elke duik sien mens iets nuut al is dit op dieselfde plek as die vorige dag.

Hierdie duik was 21 meter en 43 minute lank. Ek was so effens swaarder op lug as die vorige dag.

Lorenco was eerste onder en toe Pierre en toe ek. Ons het eers effe teen die stroom geswem om by die punt van die rif te kom en daarna met die stroom saam afgedryf.






















Pierre by die duik boei wat Lorenco onder vashou aan n tou. Wanneer jy opgaan gaan jy met die tou langs en wanneer jy bo is bly jy by die boei, anders gaan die stroom jou vat en jy is nou-nou weg dat die mense op die boot jou nie gewaar nie.




Ons is terug mamoli toe om die silinders weer vol te maak en net toe ons daar aankom styg Richard op met die helikopter om mense op Maputu te gaan haal.
Die plek is so upperclass dat wanneer die helikopter op maputu lughawe of Johannesburg lughawe land om mense op of af te laai en hulle moet paspoorte laat stempel, kom die doeane mense na die helikopter toe, hulle gaan nie na die doeane kantoor nie. Die paspoorte word binne-in die helikopter gestempel.





deel 11 vervolg
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: