Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: mosambiek 2011 deel 14  (Read 1220 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: May 16, 2011, 12:10:27 PM »

Maandag 2 Mei, die een dag waarna ek baie uitgesien het maar ook bang is vir die dag.
Ons gaan weer duik en die keer op Pinicle en dis diep, die vlakste deel van die rif is 32 meter en dan gaan hy aan die eenkant af tot 40 meter en die ander kant tot 60 meter.


Ek het die oggend my strikdas in my rekenaar sak ontdek.



Lekker ontbyt gehad en bedink die dag hoe ons gaan maak want Petrus sal nie so diep kan duik nie.



Ons besluit om vir Petrus en Tinus by Frederikabaai te gaan aflaai en dan kry ons hulle weer na die duikery.

...


Dis net ek, Pierre, Carlien en Lorenco op die duik vanoggend.
Ek is opgewonde en bang. Bang daaroor so diep is en ek nie seker is of ek genoeg lug kan h nie. Ek het al voorbeen 2 keer tot 31 meter geduik, die eerste keer was per ongeluk toe ons op die Roceater se wrak wou duik en hom gemis het en op die sand i.p.v. op die dek te lande gekom het. My lug was amper te min daardie dag.

Die 2 de keer was verlede jaar naby Paindane waar ons op Greentree wou duik en ek stikstof narkose gekry het en na 3 minute weer terug op die boot was.

Die ander rede hoekom ek meer skrikkerig of bangerig was, was die feit dat ons spesifiek daar gaan duik om saam met die haaie te duik.....sonder hokke.

Daar is soms 3 soorte haaie as ek reg kanonthou, Zambezi, Hammerkop en ek dink Bullshark.

In elk geval so is ons see-in met die boot, 7 km van Mamoli af en seker so 2 na 3kan see-in van die kant af regoor Frederika baai.

Die eerste mooi ding wat Lorenco my wys om af te neem is die Moray.



Ek verwonder my aan die mooi skoon helder water, nog nooit so helder gesien nie. Dit is omdat idt vr van die kant af is en diep is, geen sand opwelling nie. Die see is ook baie platter as die vorige dag.



In my poging om n lekker posisie te kry om af te neem vat ek aan die rots onder my en Pierrie trek aan my arm. Hy wys my toe ek het amper aan die Stonefish gevat.








Carlien se werk was om die haaie te lok deur n le plastiek waterbottel tussen haar hande te vryf en die geluid maak dan die haaie nuuskierig en hopelik kom hulle dan nader.





Ongelukkig wou die haaie nie kom kyk nie, dalk was daar nie haaie in die omgewing daardie dag nie. Ons het wel ander besoekers gekry wat uit die dieptes na ons aangeswem het.



Hy en sy maters het al nader gekom









ek het later nie meer geweet waar om af te neem nie.





soms swem hulle so naby dat ek hulle nie in die lens kan kry om te fokus nie.







Dit was n belewenis wat net 5 minute geduur het want toe moet ons al weer begin op beweeg en toe ons so by 25 meter kom het die aartappelbaars omgedraai en terug in die dieptes verdwyn.

Ons het al vlakker op n paar dieptes gewag en gehoop die haaie kom  agter die bottel se geluid aan.






Die skool het wel by ons verby geswem.






Net onder die oppervlakte seker so tussen 3 en 5 meter







Carlien hou so op haar rug hang onder water wanneer ons n veiligheidstop doen.






Die duik het op my duik computer 31,9 meter geregistreer en n totale tyd van 39 minute insluitende die afgaan en opgaan en veiligheidstop tyd.
Ek het n 15 liter lug silinder gebruik wat 240 bar gepomp was en ek het steeds 90 bar oorgehad toe ek op die boot klim. Die water was so helder dat toe ek op die oppervlakte l en ondertoe kyk kon ek die klippe op 32 meter van bo afsien. Die eerste keer dat ek in so n helder omgewing duik wat die sig 30 m + was. In die Kaap is ons bly as die sig 8 meter is.

 



deel 15 vervolg
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: