Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Mosambiek - Ponta Molangane 1  (Read 3808 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« on: June 22, 2011, 06:53:33 PM »

Ek bel 'n week of wat terug toevallig vir Lynne, 'n ou vriendin van my. Sy doen duiktrips oral oor, Moz, Maldives, Rooi See ens. Sy het 'n plek oop in haar toer, want een ou moes onttrek en ek kan die opening gratis vul. Dit het my ongeveer 14 sekondes gevat om ja te s. Veral nadat ek na Lox se pragtige foto's van sy Moz trippie gekyk het.

Ek spring op laas Dinsdag op die vliegtuig nadat ek R225 ekstra moes betaal om die lood van my weightbelt saam te vat. Ek duik met 'n 7mm pak, farmer John en 'n top bo-oor. Weskus, jy sien. Ek kom nie onder die water met gewone gewigte nie, so ek moes die twee oversize gewigte saamvat en by Lynne nog ses gewone gewigte leen.

In Johannesburg aangekom is ek opgetel deur my nig en het twee van my gunsteling ou tannies gaan opsoek. Ek is besig met 'n boek oor die familie en moes by hulle van die skinderstories kry.

Donderdag oggend vyfuur spring ek en Lynne in die pad en mik vir Kosibaai. Ons vedrdwaal iewers, want haar man het vir ons 'n ompad beduie sodat ons die padwerke kon misry. Op 'n stadium besef ek ons gaan dit nie maak om teen vyfuur by die grenspos aan te kom nie. Nie teen die spoed wat Lynne ry nie. Diskreet bied ek aan om te ry sodat sy na die kaart kan kyk wat ek intussen gekoop het. Niks met die vrou se brein verkeerd nie jaag sy my ewe skielik aan, jy sal jou gat moet roer, ons gaan dit nie maak nie.

Tussen bokke, beeste en slaggate jaag ek later teen 160 km/h met die Fortuner. Die ding se gat begin swaai as ek vinniger ry, anders het ek. Net mooi kwart voor vyf kom ons op die grens aan en bestorm die oorgewig amptenaar agter die toonbank. Gelukkig is hulle gatvol vir werk en gaan dit vinnig.

Toe ons oor die grens gaan is ons in Afrika. Ek was al 'n paar keer Noord van Maputu, maar hier in die suide is dit regtig treurig. Hier is die beste deel van die hoofpad Noord.



'n Meer/lagoon, net voor ons Ponto Molangane inry. Ek het nie tyd gekry vir foto's neem nie.



Lynne, my goeie vriendin. Sy is 'n sweetie pie. Ons ken mekaar al baie lank en het al wonderlike tye saam gehad.



Moet nou eers gaan.

Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #1 on: June 22, 2011, 08:02:35 PM »

dankie, dit maak lus vir nog

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« Reply #2 on: June 22, 2011, 09:57:00 PM »

 waiting
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #3 on: June 23, 2011, 08:20:13 PM »

 rant rant     waiting
Logged

All things are difficult before they are easy
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #4 on: June 23, 2011, 09:27:35 PM »

Ek het nog nooit met 'n kamera geduik nie, maar dit kon tog nie so moeilik wees nie. Op die ou ent was die duik beter as wat ek verwag het, behalwe dat ek in die moeilikheid was by die klomp Gautengers omdat ek die rif te veel aangeraak het!

Hier is 'n paar foto's.







Nemo se pelle













Stonefish.

Logged
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #5 on: June 24, 2011, 04:22:50 AM »

dankie, mooi bly darem mooi en lekker bly darem lekker.

Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Smidty
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2840


George


« Reply #6 on: June 24, 2011, 02:30:14 PM »

 Clap Clap  Nice

gooi nog
Logged

All things are difficult before they are easy
Ponytail
Full Member
***
Offline Offline

Posts: 665



« Reply #7 on: June 25, 2011, 12:01:33 PM »

Sjoe! Dit lyk lekker, dis so pragtig!!

Miskien moet ek eerder leer duik, dit lyk baie rustiger as valskerm spring... En soooooo mooi!!  A1 Clap
Logged

Kinders is die lewendige boodskappe wat ons stuur na 'n tyd wat ons nooit sal sien nie.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #8 on: June 25, 2011, 12:27:20 PM »

sommige behaal hoogtes, ander dieptes en al 2 is vrek lekker.

ek weet nie watter een die duurste is nie.

die een voordeel van duik bo valskerm spring is dat dit is nie so gou verby is nie.
ek glo valskerm sal meer adrenalien h tot jy saam met die haaie sonder hok gaan duik......



Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #9 on: June 26, 2011, 04:30:45 PM »

Clap Clap  Nice

gooi nog
Pas op waarvoor jy vra.
Logged
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« Reply #10 on: June 26, 2011, 04:41:57 PM »

Gooi nog:





Kyk na die krewels (prawns) weerskante van die bek.





Baba Eel of 'n klein soort, weet nie.







Logged
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: