Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Mosambiek - Ponta Molangane 2  (Read 1682 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
White Stripes
Moderator
Sr. Member
****
Offline Offline

Posts: 1603



« on: June 26, 2011, 05:14:16 PM »

Ek is gelukkig om baie ekonomies te wees met my lugverbruik. Ek het gewonder hoe dit sou wees na basies 11 jaar se afl, maar ek was aangenaam verbaas. Ek het die eerste duik met 'n 12 liter silinder geduik en is daarna gedemote tot 'n 10 liter silinder. Ek het nog steeds met ongeveer 70 bar druk die oppervlak bereik terwyl die beste van die ander dan al op minder as 50 bar gewees het. Ek het eenkeer selfs met 100 bar die oppervlak bereik. Vir duikers is dit 'n groot voordeel. Jy kan soveel langer onder bly en dis ook veiliger in terme van die tyd wat jy beskikbaar het, sou 'n nood situasie ontstaan. Ek dink dis 'n kombinasie van blote geluk en 'n bietjie duikstyl. Ek is baie ontspanne en gaan in 'n soort trance wanneer ek onder die water ingaan. Iets wat ek in self hipnose geleer het.

Scuba duik is 'n moeilike wetenskap omdat daar net op mense proewe gedoen word. Dis maar 'n geval van leer deur ondervinding. Baie mense is al dood in die proses. Ons wat nou duik het ons sport/plesier aan hulle te danke en sal altyd aan hulle dink met verwondering en deernis. Meeste van ons doen sport duik, maw nie juis dieper as dertig meter nie. Daarna raak dit regtig gevaarlik en kan 'n kleinhuisie vol goed verkeerd loop. Dit wissel ook van liggaam tot liggaam. Dieper duike is tegniese duike en volgens my 'n hele ander wetenskap. Dan begin seker gasse toksies raak en moet jy die lug wat jy gebruik meng om die toksisiteit te inhibeer. Suurstof raak vanaf 40 meter giftig en dan moet jy begin om helium en ander gasse by te meng om die suurstof vlak laer te kry.

Ons het twee duike per dag gedoen wat gewissel het van 15 tot 28 meter diep. Die tye was 60 minute tot 45 minute, afhangende van die diepte en of dit jou tweede duik was. Sig was meestal goed en die water heerlik.

Daar is verskillende tabelle wat voorskryf hoe diep jy kan duik in 'n gegewe tyd en hoe jy moet opkom as dit diep en lank raak. In die ou tyd het ons altyd ges, plan the dive and dive the plan. As jy roekeloos raak, is jou dood naby. Ongelukkig is daar 'n klomp cowboys daar buite, mense wat diie sport nie 'n guns doen met hul deelname nie.

Genoeg hiervan. Nog foto's









Lynne tydens 'n safetystop.





Hierdie bliksempies is baie giftig en het al mense se dood veroorsaak. Die penne is giftig as dit jou steek.



Logged
buzzlightyear
Administrator
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 4394


I come in pieces


WWW
« Reply #1 on: June 26, 2011, 06:21:09 PM »

Wow, stunning dankie WS  Cool
Logged

A desk is a dangerous place from which to watch the world. - John LeCarr
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« Reply #2 on: June 27, 2011, 11:35:36 AM »

dankie, dit bly darem mooi en lekker.
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: