Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Cobras is kampioene  (Read 1039 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26568


Die Bergie...


WWW
« on: November 06, 2011, 08:52:08 PM »

Die Nashua Mobile Cape Cobras het hul Supersportreeks-titel in ware kampioen-styl behou toe hulle Saterdag die Chevrolet Warriors met sewe paaltjies geklop het en slegte weer spel kortgeknip het in die oorblywende twee wedstryde in die reeks, wat Sondag sou klaarmaak.

Dit is die Cobras se tweede trofee van die seisoen, nadat hulle verlede maand ook as oorwinnaars uit die Standard Bank Pro20-reeks getree het.

Daar is geen twyfel aan die meriete van hul sukses nie. Hulle het vyf wedstryde volkome gewen meer as enige ander franchise in die reeks.

Hulle het ook die Nasua Titans, hul aardsvyande, in tuis- en wegwedstryde geklop.

Gure weer het daartoe gelei dat spel gestop is in die Titans en die Chevrolet Knights se wedstryd op Sahara Willowmoore Park.

Dieselfde geld vir die wedstryd tussen die Nashua Dolphins en die Bizhub Highveld Lions in Durban.
Logged

Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: