Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Facebook na dood?!  (Read 3586 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« on: November 15, 2011, 05:26:36 PM »

`n Goeie vriendin van my se seun is bietjie meer as `n jaar gelede tragies naby hul huis in sy motor dood na `n party. Sy ma is `n enkelouer- die pa het maar bitter min insette gegee van die kind se babadae af.Sy het geen ander kinders nie en is ongelukkig ook nooit weer getroud nie.So, sy het baie swaar gekry.

Toe, gister in die Son poniekoerant (op die oorlede outjie se verjaarsdag)  skryf `n joernalis-vriend van hom blykbaar hoe great dit nou is dat hulle nog steeds op Facebook vir hom boodskappe kan laat.

My vriendin stuur toe vir my die berig aan en dink dis nou baie gaaf- maar ek dink dis vreeslik makaber!Hy kan mos nie meer die boodskappe lees nie en moet `n mens nie maar vrede maak met die verlies nie?

Is ek verkeerd- ek weet nie, Facebook is net vir my so kommin...
 Undecided
 Undecided

Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #1 on: November 15, 2011, 05:52:30 PM »

Kom weer? Facebook hy van die hemel af? Cheesy
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Fourie
Moderator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 8218


Die Aapmens ......


« Reply #2 on: November 15, 2011, 06:24:52 PM »

Een van my vriende is so 3 maande gelede oorlede in Afghanistan. Sy vrou plaas foto's van hulle kind ens. op sy facebook blad. Dit is haar manier van rou en aanvaarding.

Logged

Ek is bly ek is nie 'n Stormer ondersteuner nie
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #3 on: November 15, 2011, 06:31:01 PM »

Ah, ek is nou ook by. Hulle sit boodskappe op sy facebook blad.

Ag, hulle mis hom seker net. Ek het na 'n vriend se dood eenkeer 'n bier "saam" met hom gedrink by sy graf. Dis maar net 'n manier om bietjie nader te voel en koebaai te sê.
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #4 on: November 16, 2011, 07:03:12 AM »

Kyk, Die ding werk so: Jy kry mense daar op FB wat jy dalk gladnie ken nie, maar hulle wil graag pelle wees daar van jou omdat julle dalk een of ander belangstelling deel. FB remind jou elke dag van jou vriende wat op daai dag verjaar. Om dan aan hom geluk te sê is letterlik net 'n kliek van die muis! As jy nie iemand kry om jou FB profile te verander na jou dood nie... sal die "vriende" wat jou nie regtig persoonlik ken of met jou kontak het nie jou steeds gelukwens met jou verjaarsdag. Hulle weti jys oorlede nie!!!

My enigste probleem wat ek met FB het is die feit dat by verre die meeste van my vriende en kliente nie daar is nie. Ek kan net imagine hoeveel makliker dit sou wees om nuusbriewe, uitnodigings, opbrengs verslae en algemene inligting deur te gee as hulle almal daar was! Om nie eens te praat van die "chat" funksie nie. Gelukkig is die buitelanders darem almal daarop. Die "chat" maak die "comms" net baie makliker.

Die voordeel (daar is nadele ook) van FB vs byvoorbeeld 'n ander forum soos die is die feit dat jy die moderator is van jou FB blad. Jy kan besluit wat jy met "almal" wil deel en wat nie. Jy kan ook besluit of jy iemand wil toelaat in die kring en wanneer jy hom/haar wil wegvat. Ek is byvoorbeeld redelik streng daarop dat iemand nie kru taal gebruik nie. Ek het jong kinders en allerhande mense van 'n Katolieke priester tot Mevrou Dominee haarself as vriende. Dit is regtig jammer dat die ouer generasie en sakemanne nie die goed gebruik nie. Hulle het so verskriklik meer sinvolle nut daarvoor as die kinders en huisvrouens! Smile

Ek weet maar min van die goed, maar dit wat ek weet is vir my van veel nut! Wink
Logged
Biscuit
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2040



« Reply #5 on: November 16, 2011, 05:47:57 PM »

Ja, ek besef om boodskappies vir iemand wat dood is, te los, sekere mense met die rouproses kan help. Dit voel net vir my asof daardie mense dan nognie die dood aanvaar het nie?

Umdani, dit is `n gemaklike kommunikasiemiddel, ek stem saam- maar onlangs het iemand my een seun se profiel gesteel (hy het `n baie mooi lyf) en toe kom daar dosyne vriende vir die vals Emil. Dit het Facebook drie weke gevat om dit te verwyder en ek was doodsbenoud dis een of ander seksmaniak iewers in die buitekring van my seun se kontakte.
 Eek!
 Eek!
Logged
Umdani
Forum Furniture
*****
Offline Offline

Posts: 2270



« Reply #6 on: November 17, 2011, 06:16:11 AM »

Ja, nee. Ek verstaan. Daar is maar oral gevare.

Niemand wil my profile steel nie. Die logika daaragter is seker omdat ek nie eens my eie profile wil hê nie. Ek het Britney s'n gesteel!!! Evil
« Last Edit: November 17, 2011, 07:17:16 AM by Umdani » Logged
Trailrider
Administrator
Town Crier
*****
Offline Offline

Posts: 26585


Die Bergie...


WWW
« Reply #7 on: November 17, 2011, 07:08:42 AM »

My profiel is al jare terug gesteel deur 'n ou wat graag die Bulle gas gee. Teaze
Logged

“Remember what Bilbo used to say: It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to.”
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: