Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: daai onnodige goed in die huis  (Read 1438 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
lox
Village Elder
*****
Offline Offline

Posts: 3595


« on: December 12, 2012, 07:28:48 AM »

op die rapport koerant se webblad raakgelees

Klipsop: Kontrepsies
2012-12-10 20:29
Artikelopsies
Deel
Kry Rapport op

Cathy Kotz

Die meeste van ons sit met kaste vol  van die goed; kontrepsies wat  veronderstel is om in n ommesientjie klaar te speel met die alledaagse schlepp in en om die huis. Dis veral hierdie tyd van die jaar wanneer interessante kontrepsieshoog op die inkopielys is.

Almal koop Kersgeskenke, en talle advertensies op TV en in koerante besing die goed se lof. Dis onontbeerlik! word daar verkondig en natuurlik glo ons die reklame.

Na Kersfees word alles teen afslagpryse verkoop, want  die winkels wil ontslae raak van onverkoopte voorraad. Mense ontdek dat daar nog n klein bietjie krediet oor is op hulle kredietkaarte en hulle is doodseker  dat daardie spesifieke kontrepsies nooit weer s goedkoop sal wees nie.  Daar word vir oulaas ge koop!

Die meeste van die goed word nooit gebruik nie en dit word baie keer nie eers uit die boks gehaal nie. Wanneer die geldnood in die middel van Januarie begin druk, beland heelwat daarvan skielik op die rakke van winkels soos Cash Converters en Cash Crusaders, veral wanneer dit  as Kersgeskenke ontvang is.  Partykeer word dit,  so half in die gees van  Kersfees wat verby is,  by die hospice winkels afgelaai.

Toe ek nou die dag die koskaste regpak, sien ek die espresso-maker is steeds agter in die een hoek. Dit was nou n geldmors kontrepsie! Niemand in die huis drink eers espressos nie!  Die Tassimo is n baie beter nuwe aankoop, want daarmee kan almal se smaak bevredig word. Dit maak lekkerder koffie as Starbucks.

Die elektriese quesadilla-pan is eenkeer gebruik. Ek kan nie meer so  mooi onthou waar ons die appelskiller gekry het nie, maar dit gaan op ons volgende garage sale verkoop word. Of, nee wag, nou onthou ek. Ek het dit by n ander garage sale gekoop.

Dis ook waar ek die drie broodmasjiene raakgeloop het; een vir gebruik, twee vir "spaar". Een vrou het verontwaardig ges: My eks-skoonma het dit so wragtig vir my een Kersfees gegee! D, vat! Dis splinternuut. Gee vir my $5 vir die dekselse ding!

Die springmielie-maker, roomysmaker, donut-maker, George Foreman rooster, elektriese braaipanne, elektriese braairoosters  en n hele paar ander kontrepsies word amper nooit gebruik nie. Nogtans bly dit maar in die kombuis, net vir ingeval.

Daar is wel sommige items waarsonder ek nooit weer sal kan klaarkom nie. My grootste hartseer is die feit dat  my Kenwood voedselverwerker in Suid-Afrika moes agterbly. Kanada se elektriese ware werk met 110 volt; in  Suid-Afrika is dit  220 volt. Ek het  my eerste Kenwood skoon opgebruik en die  tweede een was vir jare my lankmoedige handlanger in die kombuis. Daarmee kon ek elke lid van die gesin se fiemies bevredig.

Die Noord-Amerikaanse KitchenAid kan nie kers vashou by die Kenwood nie. Toe ek die eerste keer probeer knie het, het die deeg oombliklik aan die eenkant van die bak uitgepeul. Volume het nie saakgemaak nie, die deeg het  net aanmekaar boontoe gefoeter.

Partykeer begin die hele kontrepsie n riel dans en dan moet ek keer dat dit nie heeltemal van die toonbank af wikkel nie.

So af en toe werk n kontrepsie  darem soos wat daarvan verwag word. Die nuwe diepbraairooster kan enige iets laat proe asof dit in liters olie gebraai is, maar dit gebruik net een eetlepel olie op n slag.

Die ronde, plat Roomba beweeg rustig van vertrek tot vertrek, suig die matte uit en vee die houtvloere. As dit klaar is gaan parkeer dit vanself weer op die kontrepsie waar die batterye herlaai word. Die hond hol gewoonlik weg en gaan kruip iewerste onder n bed in wanneer die Roomba die gang aftjommel. Katte is min gepla en  geniet dit soms om bo-op n Roomba te klim en saam te ry terwyl dit vloere skoonmaak. Partykeer beland videos van hulle en hulle Roomba voertuig selfs op You-Tube.

Kat op Roomba

My jaffel-makers het in Suid-Afrika agtergebly, en hiers word dit net as braai-toebehore verkoop. Dit het sulke lang handvatsels.

Cadac stofies is onbekend, maar gasbraaiers is op baie plekke die enigste vleisbraai toestel wat toegelaat word. Ons moes met leedwese afskeid neem van hout-braaivleis vure. Dis seker te verstane, want feitlik al die huise is houthuise.

Gelukkig is die vroumense van die huis nie die enigste sondaars wanneer dit by allerhande kontrepsies kom nie. My man se motorhuis het amper nie meer plek vir die motor nie! Daars lugkompressors, draaibanke, n elektriese saag,  drukboor; om nie te praat van die kleiner goed nie. Waarom hy soveel elektriese bore het, weet nugter. Ons het genoeg industrile grootte kramtoestelle om  n stofferingbesigheid mee te begin. By my man speel nostalgie n groot rol en ou goed word versigtig in plastiekhouers weggebre om nooit weer gesien te word nie.

Ai, die versoekings! Die winkels is vol wonderlike goed. Elke stokperdjie het hulpmiddels; net jammer dit word dikwels aangekoop net omdat mens van voorneme is om nog eendag daardie stokperdjie te beoefen.

Dis egter met rekenaars en ander elektroniese kontrepsies waar daar heeltemal oorboord gegaan word. Die nuwe credo: Theres an app for that! keer darem dat dit oop en bloot rondl. Dit oorlaai net ons slimfone, tiek-en-kliek tablette, ens. (Ek is veral bendruk met die app wat plante eien deur net n foto van n blaar met jou selfoon te neem.)

Dan is daar Siri. http://www.apple.com/ios/siri/siri-faq/.  Nie net gesels dit terug nie, mens kan dit enige vraag onder die son vra, en dit antwoord jou. Dis ook die eerste kontrepsie met n humorsin, al sug die  mooi vrouestem wanneer jy byvoorbeeld vra hoe  sy nou regtig lyk. Siri help veral om perspektief te gee  wanneer mens hartlik siek raak vir al die kontrepsies wat besig is om jou lewe oor te neem. En sys darem goeie, belese geselskap!

Soms dink ek terug aan die dae  toe ons nog self geknie het. Toe ons nie geweet het van mikrogolfoonde nie. Toe mens jou eie innovasies moes prakseer om iets gedoen te kry. Dit was interessante dae, maar om eerlik te wees, ek mis dit nie regtig nie.

Nuwerwetse kontrepsies is eintlik nie so sleg nie.

http://www.rapport.co.za/Opinie/Blogs/Klipsop-Kontrepsies-20121211
Logged

Bly nederig en waardeer wat jy het, dit kan binne oomblikke van jou weggeneem word.
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to: